Johnny Cash

Johnny Cash
Cash in 1969.
Agtergrondinligting
GeboortenaamJ. R. Cash
Gebore27 Februarie 1932
Kingsland, Arkansas (Amerika)
Sterf12 September 2003
Nashville, Tennessee (Amerika)
Beroep(e)Sanger
Akteur
Johnny Cash met sy tweede vrou, June Carter.
Cash sing 'n duet saam met 'n luitenant van die vloot.
Cash se graf (bo) en die Cash/Carter-gedenksteen (onder).

John R. "Johnny" Cash (26 Februarie 193212 September 2003), was 'n Amerikaanse sanger en skrywer, akteur, literatuur skrywer en word as een van die mees invloedrykste musikante van die 20ste eeu gesien. Alhoewel hy hoofsaaklik as 'n Country-musikant bekend gestaan het, het hy ook ander genres musiek gesing, soos "rockabilly", rock en roll, blues, folk, en gospel. Hierdie veelsydigheid het daartoe aanleiding gegee dat Cash in verskeie museums opgeneem is, en staan hy vandag in die "Country Music Hall of Fame", "Rock and Roll Hall of Fame" en die "Gospel Music Hall of Fame".

Cash was bekend vir sy diep, bariton bas-stem, gepaard met 'n opstandige tog depressiewe charismatiese temperament en sy swart kleredrag wat hom die naam, "Die man in swart" gegee het. Sy konserte het altyd begin met "Hallo, ek is Johnny Cash" en is dan gewoonlik met "Folsom Prison Blues" gevolg. Cash se musiek het in sy latere jare baie emosioneel geword en temas van hartseer en spyt bevat. Sy bekendste werke was "I Walk the Line", "Folsom Prison Blues", "Ring of Fire", "Get Rhythm" en "Man in Black".


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search